Immunisering

 

Karien volg die immuniseringsskedule van privaat verpleegpraktisyns.  Die detail inligting oor die verskillende vaksienes word in die nageboortekursus behandel.

INLEIDEND

  1. Babas/Kinders moet asseblief emosioneel voorberei word wanneer hul vir immuniserings kom - 2 tot 3 dae voor die tyd.
  2. Kinders kan geimmuniseer word al het hul verkoue of hoes of selfs op antibiotika. Ons immuniseer slegs nie indien kinders koors het van 38grade Celsius en hoër.
  3. Versterk dosisse van vaksienes moet asseblief binne die voorgeskrewe tyd gegee word, anders word optimale immuniteit nie verwerf teen die spesifieke siektes nie.

IMMUNISERINGSKEDULE

OUDERDOM VAKSIENE SIEKTES WAARTEEN GEÏMMUNISEER WORD
Geboorte (Hospitaal) BCG + Polio Tuberkulose en Polio
8 Weke Infanrixhexra Witseerkeel, klem in die kaak, geelsug (Hep B), meningitis (Hib) en Polio
  Rotavirus Rotavirus- diaree/braking
  Prevenar Longontsteking, middeloor ontsteking en meningitis
12 Weke Infanrixhexra Witseerkeel, klem in die kaak, geelsug (Hep B), meningitis (Hib) en Polio
  Rotavirus Rotavirus-diaree/braking
  Prevenar Longontsteking, middeloor ontsteking en meningitis
16 Weke Infanrixhexra Witseerkeel, klem in die kaak, geelsug (Hep B), meningitis (Hib) en Polio
  Prevenar Longontsteking, middeloor ontsteking en meningitis
9 Maande Rouvax Masels
12 Maande Varilrix Waterpokkies
  Avaxim 80 Of
Havrix Jnr
Geelsug (Hepatitis A)
15 Maande Trimovax / Priorix Pampoentjies, Masels, Duitse Masels
  Prevenar Longontsteking, middeloorontsteking en meningitis
18 Maande Infanrixhexra Witseerkeel, klem in die kaak, geelsug (Hep B), meningitis (Hib) en Polio

Avaxim 80 / Havrix Jnr Geelsug (Hepatitis A)
6 Jaar Infranrix Hexa
Klem in die kaak, witseerkeel en polio

Priorix / Trimovax Pampoentjies, Masels, Duitse Masels
12 / 13 Jaar Adacel Quadra Klem in die kaak, witseerkeel en polio

Cervarix / Gardisal Servikale kanker