Infanticare Babaskole
INLEIDING
Infanticare is ‘n babaskool vir kinders vanaf 3 maande tot 5 jaar. Die doelwitte van Infanticare is om eksklusiewe versorging en onderrig aan hierdie kinders te bied en nie bloot net dagsorgfasiliteite aan te bied nie.
Klem word veral op stimulering en onderrig van kinders geplaas, en om bogenoemde te bereik, bestuur professionele, opgeleide persone Infanticare.
Infanticare bied ‘n huislike, warm omgewing aan u kind waar sy/hy emosionele sekuriteit sal ervaar en ‘n gelukkige, gestimuleerde kind sal wees.
LIGGING
Infanticare Moreleta
Rubensteinweg 553
Moreletapark
Pretoria
Tel: 012 997-2911
![]() |
|
|
|
|
![]() |
![]() |
|
|
|
|
|
|
Infanticare Menlo Park
Andersonstraat 352
Menlopark
Pretoria
Tel: 012 460-7400
OPERASIONELE TYE
- Maandag - Vrydag: 07:00 - 18:00
- Desembermaand:
Infanticare sluit teen die einde van die eerste week in Desember.
Infanticare heropen weer op die Dinsdag van die tweede week in Januarie. - Infanticare is gesluit op openbare vakansiedae.
FINANSIëLE INLIGTING
Registrasiefooi:
Jaarlikse registrasiefooi betaalbaar met inskrywing:
Deposito:
Een maand se skoolfooi betaalbaar met inskrywing om ‘n beskikbare plek vir u kind te verseker
Voldag versorging en onderrig: 07h00 - 18h00
Halfdag versorging en onderrig: 07h00 - 14h00
Afsonderlike dae per week: Voldag en halfdag N.B. Slegs drie dae en minder per week word beskou as afsonderlike dae.
Buite aktiwiteite: Musical Friendz, sowel as Playball en Stimu-zone (rekenaarklasse) word deur buite fasiliteerders op die terrein by Infanticare aangebied. (Direkte betaling aan die fasiliteerder.)
MAALTYE
- Twee gebalanseerde maaltye (ontbyt en middagete) word verskaf
- Verversings verskaf deur ouers vir twee geleenthede per dag.
ANDER PROFESSIONELE DIENSTE
Indien nodig sou blyk, sal bykomende professionele dienste (arbeidsterapeut, fisioterapeut, opvoedkundige sielkundige, spraakterapeut ens.) aan u kind gebied word in oorleg met die ouers.
VERSLAGGEWING VAN VERSORGING, ONDERRIG EN ONTWIKKELING
- Daaglikse skriftelike verslaggewing van babas se versorging (tot en met 12 maande)
- Twee jaarlikse verslag van peuters (18 maande - 5 jaar)
SIEKTES
- ‘n Afsonderlike siekekamer is ingerig indien u kind gedurende die dag sou siek raak. U word onmiddelik in kennis gestel. Indien daar enige risiko van ‘n moontlike aansteeklike siekte is word u kind onmiddelike oorgeplaas na die siekekamer met spesiale versorging.
- Ons sou verkies dat siek babas verkieslik nie die skool sal bywoon vir die tydperk wat hulle nie gesond is nie ten einde moontlike oordrag van infeksies te beperk en verhoed.
PERSONEEL
- Die verhouding per baba in baba-afdeling is 4 babas per versorger.
- By ons peuters is daar vir elke 5 peuters ‘n versorger.
- Personeel in ons skole beskik oor relevante opleiding en ervaring. Spesifieke tersiêre opleiding in kleuteronderwys en in verwante beroepe soos opvoedkundige sielkunde, verpleegkunde en maatskaplike werk of soortgelyke opleiding word as geskikte opleiding vir onderwyspersoneel beskou.
- Indiensopleiding vir versorgers vind deurlopend plaas met betrekking to versorging en stimulering van kinders. Hul staan onderwyseresse by in hierdie taak.
- Bywoning van opleidingskursusse en seminare word van die personeel verwag.
- ‘n Administratiewe dame vir die vlot verloop van alle aspekte van ons skool, is essensieël.
- Huishoudelike personeel vir instandhouding van perseel en skoonmaak/kombuisdienste is belangrik in ons skole.
FRANCHISE
Franchise opsies is tans beskikbaar in Silver Lakes area.
KONTAK INFANTICARE
Indien u enige navrae het, is u welkom om ons te skakel - Infanti-groete!
Karien Camphor
Moreletapark
012 997-2911
Petro Nel
Menlo Park
012 460-7400







