Terugvoer
Madelaine van der Walt
As ‘n eerste keer mamma kan als omtrent ’n nuwe baba nogals oorweldigend wees, van die seep waarmee die baba gewas word tot die tipe boudjie salf wat jy moet gebruik. Hoe weet ’n nuwe mamma al die goed? Gelukkig is daar iemand soos Karien Camphor, sy raak deel van die grootmaak van jou kind – sy help jou met alles van borsvoed tot die tipe vaste kos wat jy jou kind moet gee. Mens stap ’n pad saam met Karien, jy neem jou man saam na haar noodhulp klasse, jy stuur jou kinderoppasser op ‘n ‘nanny kursus’ by haar. Dankie vir al jou advies en ondersteuning met die grootmaak van ons dogtertjie.
Liefde Madelaine van der Walt (aka Isabella se mamma)
Sarina Durand
Voorgeboorte Klas:
Ek en my man was swanger met ons eersteling en wat ons geweet het van baba grootmaak en swanger wees was gevaarlik. Ek is deur my skoonsuster verwys om Karien se voorgeboorte klasse by te woon, en was nog nie vir een oomblik spyt nie. Die inligting en kennis wat ons daar opgedoen het was baie insiggewend en het gemaak dat ons baie rustige ouer kon wees met ons babatjie se geboorte. Klein dingetjies wat ek vinnig oor bekommerd sou wees met ons dogtertjie het sy aangespreek in die klasse en het gemaak dat ons kon kalmeer en weet wat normaal is en wat nie. Dis verseker 'n moet om die klasse by te woon vir mens se eie gemoed en berei mens net bietjie beter voor vir die koms van n kind. Ek was bekommerd dat my man dit nie sou geniet het nie, maar Karien se persoonlikheid en spontaniteit het self hom opgewonde gemaak om elke week die klas by te woon.
Nageboorte Klas:
`Nadat ons die voorgeboorte klasse bygewoon het, was daar geen twyfel by my dat ek verseker die nageboorte klasse gaan bywoon nie. Eks nog nie vir een oomblik spyt nie en dink dis 'n moet vir elke mamma. Behalwe vir die kosbare inligting en wenke waarmee ons elke week daar uitstap is dit 'n heerlike uitstappie om bietjie uit die huis uit te kom en met ander mammas wat deur dieselfde as jy gaan te sosialiseer. Dis ook vir my baie gerieflik dat my dogtertjie se gewig en gesondheid elke week nagegaan word en gee my ook geleentheid om vrae van die afgelope week se gebeure waaroor ek getwyfel het aan Karien te rig, ek word elke week baie vinnig gerus gestel. Ek waardeer ook die moeite wat sy doen om verskillende sprekers in die lyn van arbeidsterapeute, fisioterapeute, gesondheidskonsultante ens te kry om ons toe te spreek en leer baie daaruit wat ek nie eers bewus van was nie. Ek kan die klasse met 'n geruste hard vir enige mamma aanbeveel!
Ilse van Nieuwenhuizen
Karien is in my (en my man se oë), ons "hero". Van dag 1 af het sy ons vertroue gewen! Met elke voorgeboorteklas het ons meer en meer "bekwaam" gevoel. Let wel - gevoel; nie gewees nie.
Die nageboorte klasse het daardie "leemte" gevul. My notaboek van die voor en nageboorte klasse het soos 'n tweede bybel geraak; eers saam kraam kamer toe, dan op die bedkassie elke aand, en later byderhand genoeg vir wanneer ek nie weet nie.
Nou is Ulrich in haar skooltjie in Menlo park - nog nie een dag spyt nie; ek het net lof vir al die personeel en die infrastruktuur wat hulle onderhou. Karien se reputasie loop haar vooruit ... sy is besig om haarself en haar institusies legendaries te maak. Ek is so dankbaar dat ek haar ontmoet het met ons eerste kind!
Meer terugvoer
Karien Camphor se raad is "failproof" .
As sy vir jou raad gee dan kom dit van n liefdevolle en eerlike plek af net soos jou eie Ma.
Om by haar kantore aan te klop is soos om by n familielid te gaan kuier - mens voel tuis en gemaklik by haar. Sy is altyd beskikbaar met die beste & opregste raad, met elke liewe mamma en baba se belange op die hart.
Ek glo en vertrou in haar raad 100% sonder twyfel as dit by my kosbare babatjie kom