TERUGVOER

Karien is in my (en my man se oë), ons "hero".  Van dag 1 af het sy ons vertroue gewen!  Met elke voorgeboorteklas het ons meer en meer "bekwaam" gevoel.  Let wel - gevoel;  nie gewees nie.

 

Die nageboorte klasse het daardie "leemte" gevul.  My notaboek van die voor en nageboorte klasse het soos 'n tweede bybel geraak;  eers saam kraam kamer toe, dan op die bedkassie elke aand, en later byderhand genoeg vir wanneer ek nie weet nie.

 

Nou is Ulrich in haar skooltjie in Menlopark - nog nie een dag spyt nie;  ek het net lof vir al die personeel en die infrastruktuur wat hulle onderhou.  Karien se reputasie loop haar vooruit ... sy is besig om haarself en haar institusies legendaries te maak. Ek is so dankbaar dat ek haar ontmoet het met ons eerste kind!

Ilse van Nieuwenhuizen

..................................................................

As 'n eerste keer mamma kan alles omtrent 'n nuwe babatjie nogal oorweldigend wees, van die seep waarmee die baba gewas word tot die tipe boudjiesalf wat jy moet gebruik. Hoe weet 'n nuwe mamma al die goed? Gelukkig is daar iemand soos Karien Camphor, sy raak deel van die grootmaak van jou kind - sy help jou met alles van borsvoed tot die tipe vaste kos wat jy jou kind moet gee. Mens stap 'n pad saam met Karien, jy neem jou man saam na haar noodhulp klasse, jy stuur jou kinderoppasser op 'n 'nannykursus' by haar. Dankie vir al jou advies en ondersteuning met die grootmaak  van ons dogtertjie.

Madelaine van der Walt

 

Karien se voorgeboorteklasse is 'n waardevolle leerervaring wat beide ouers met die nodige kennis toerus om die uitdagende taak van ouerskap met 'n bietjie meer selfvertroue aan te pak. Relevante onderwerpe word bespreek wat beide ouers betrek en laat deel in die swangerskap.

 

Die nageboorteklasse dien as 'n sinvolle vertrekpunt vir nuwe ouers. Verskeie aspekte van vroeë kinderontwikkeling en postpartum veranderinge word deur 'n verskeidenheid kundiges aangebied en bespreek. Weeklikse monitering van jou baba se groei en ontwikkeling is beslis gerusstellend. Die nageboorteklasse ontwikkel verder in 'n ondersteuningsgroep waar nuwe mammas hulle ervarings in 'n veilige en ontspanne omgewing met mekaar kan deel. 

 

Vriendelike groete,

Melissa Boshoff

.......................................................................

`Nadat ons die voorgeboorte klasse bygewoon het, was daar geen twyfel by my dat ek verseker die nageboorte klasse gaan bywoon nie.  Eks nog nie vir een oomblik spyt nie en dink dis 'n moet vir elke mamma.  Behalwe vir die kosbare inligting en wenke waarmee ons elke week daar uitstap is dit 'n heerlike uitstappie om bietjie uit die huis uit te kom en met ander mammas wat deur dieselfde as jy gaan te sosialiseer.  Dis ook vir my baie gerieflik dat my dogtertjie se gewig en gesondheid elke week nagegaan word en gee my ook geleentheid om vrae van die afgelope week se gebeure waaroor ek getwyfel het aan Karien te rig, ek word elke week baie vinnig gerus gestel.  Ek waardeer ook die moeite wat sy doen om verskillende sprekers in die lyn van arbeidsterapeute, fisioterapeute, gesondheidskonsultante ens te kry om ons toe te spreek en leer baie daaruit wat ek nie eers bewus van was nie.  Ek kan die klasse met 'n geruste hard vir enige mamma aanbeveel!

Juanette van der Merwe

Ons sien met ons hele wese daarna uit om ñ mamma te word, maar die oorweldige bekommernisse van die onbekende kan veroorsaak dat mens vergeet om hierdie  avontuur te geniet.

Karien Camphor is voorwaar ñ engel!!! Vanaf dag een se voorgeboorte klas tot jou laaste koffie saam met jou nuwe-maats in  haar nageboorte klas; is een lieflike ondervinding.

Saam met haar is jou avontuur propvol lekkerte.

 

Nie net leer sy jou ALLES wat jy moet weet nie, maar, sy is ook vir almal ñ ekstra Ma om raad te gee en te help, enige tyd van die dag of nag.

Haar klasse is propvol puik mediese-raad, wat uiters goed nagevors is en wat op datum is met wat tans relevant is in die wêreld.

Sy is ñ kenner in haar gebied en met jare se ondervinding, is daar werklik niks kort aan inligting by haar klasse nie. As jy uitstap weet jy net die beste en is kraam sowel as  borsvoed ñ fees, want jy het wonderlike notas om op terug te val as jy onseker is.

 

Dankie Karien vir die ongelooflike lekker journey wat jy saam ons aanpak. Ek kan myself nie voorstel hoe ñ mens hierdie doen sonder jou nie!!!!

 

Liefde

Dr Gisela van Rooyen

Internis

© 2018. Copyrighted